Inskrywings vir leerders van elders na Laerskool Courtrai word deur die loop van ‘n akademiese jaar gedoen. Inskrywings vir Graad R- en Gr 1-leerders word vanaf Februarie van die akademiese jaar wat skoolpligtigheid voorafgaan, gedoen. Die skoolhoof is in Januarie drie dae voor die heropening van die skool op kantoor. Inskrywings vir Gr. R- en Gr 1-leerders geskied volgens datums wat die Wes-Kaap Onderwysdepartement jaarliks aankondig. Sodanige inskrywings word gedoen in die akademiese jaar wat skoolpligtigheid voorafgaan. Leerders wat by Laerskool Courtrai inskryf moet die ouderdom van ses (6) jaar in Gr. R bereik.
SKOOLFONDS
Die verpligte skoolfondsbydrae word jaarliks deur die Beheerliggaam bereken en op ’n begrotingsvergadering aan die ouers voorgelê vir goedkeuring.
VORDERINGSVERSLAE
Vorderingsverslae word aan die einde van elke skoolkwartaal uitgereik.
MEDIUM VAN ONDERRIG
Beide Engels- en Afrikaanssprekende leerders woon die die skool by en leerders word in hulle moedertaal onderrig. Laerskool Courtrai is ’n parallel medium skool.
FUNKSIES, OUERAANDE EN FONDSINSAMELINGSPROJEKTE
Talle sosiale geleenthede vind plaas en word deur die onderskeie klasverteenwoordigers in
graadverband gereël. Amptelike oueraande vind aan die begin van die tweede en derde kwartale plaas. Individuele intervensies vind deur die loop van die akademiese jaar plaas. Fondsinsamelingsprojekte word volgens behoefte geloods.
UITSTAPPIES
Leerders gaan op twee opvoedkundige uitstappies per akademiese jaar.
SKOOLTYE (somer & winter)
Gr R | 07:45 – 12:45 (Maandae tot Donderdae) 07:45 – 12:35 (Vrydae) |
Gr 1 + 2 | 07:40 – 13:15 (Maandae tot Donderdae) |
Gr 3 | 07:40 – 13:45 (Maandae tot Donderdae) |
Gr 4 – 7 | 07:40 – 14:15 (Maandae tot Donderdae) |
Gr 1 – 7 | 07:40 – 12:35 (Vrydae) |
LIGGING
Die skool is in ‘n gevestigde woonbuurt geleë met ‘n pragtige uitsig oor die Drakensteinberge. Die goedversorgde tuine en velde skep ‘n rustige atmosfeer vir ons skoolgemeenskap.
Courtrai-leerders is baie trots op hul skooldrag. Dit verhoog ‘n klimaat vir leer en help hulle om op die belangrikste taak, leer, te konsentreer.
Let wel: Die prys van ons skooldrag is beskikbaar op d6 Connect.
Die Courtrai-klerewinkel is geleë en is gedurende die week op die volgende tye oop:
- Maandae – 07:30 – 09:00
- Dinsdae – 12:25 – 14:45
- Donderdae – 07:30 – 09:00