“Sports teaches you character, it teaches you to play by the rules, it teaches you to know what it feels like to win and lose – it teaches you about life.” – Billie Jean King
Laerskool Courtrai is ‘n gebalanseerde skool wat ook in skolesport uitblink. Ons bied ‘n wye verskeidenheid sportsoorte aan en glo dat leerders aan soveel as moontlik sportsoorte blootgestel moet word om sodoende ‘n wye verskeidenheid vaardighede te ontwikkel.
Ons buitemuurse program word gevolglik so opgestel om leerders te akkommodeer wat graag aan meer as een sportsoort in ‘n enkele week wil deelneem. Leerders kan deelneem aan atletiek, hokkie, krieket, landloop, netbal, rugby, skaak, en tennis.
Atletiek:
Courtrai bied gedurende die eerste en vierde kwartaal atletiekafrigting aan alle leerders.
Die atletiekjaar skop af met die Interhuisbyeenkoms waar leerders in hul kleurspanne teen mekaar meeding.
Die skool skryf jaarliks meer as 90 leerders vir die Sonebyeenkoms in. Na hierdie byeenkoms dring leerders deur na die Paarl Finaal, Boland Sentraal, Boland en Wes-Kaap byeenkomste.
Courtrai spog in 2022 met 3 Wes-Kaap atlete wat aan die SA Kampioenskappe deelneem.Tydens hierdie byeenkoms behaal die drie leerders twee goud, een silwer, een brons en een vierde plek.
Ons neem ook aan ’n reeks vriendskaplike byeenkomste deel en in 2022 sal ons die eerste maal ‘n Prestige Byeenkoms aanbied.
Tennis:
Alle graad R leerders kry gedurende skoolure afrigting in basiese tennisvaardighede.
Vir die res van die skool is daar huidiglik 14 spanne wat op ‘n gereelde basis wedstryde speel. Ons bied jaarliks die Courtrai Tennistoernooi aan, met 64 deelnemers wat van tot so ver as Oudtshoorn kom.
Die o.11 en o.13 spanne neem gereeld aan toernooie deel.
Courtrai spog in 2022 met 6 Bolandspelers waarvan 1 speler gekies is om aan die Nasionale Toernooi deel te neem.
Swem:
Ons leerders swem tans almal by privaat klubs. Swemmers neem deel aan verskeie galas, waarvan die Interhuisbyeenkoms die eerste van swemjaar is. Die Courtrai Prestigegala is ’n hoogtepunt vir ons swemmers.
Krieket:
Laerskool Courtrai bied Mini-krieket aan vir die grondslagfase leerders. Graad R ontvang afrigting in balvaardighede tydens skoolure. Gr.1-3 leerders neem deel aan ‘n verskeidenheid mini-krieket toernooie wat deur buurskole aangebied word.
Ons skool se krieket presteer puik die afgelope paar jaar en ons spog met 15 krieketspanne. Ons o.12 en o.13 krieketspelers kry die geleentheid om ook aan Boland proewe deel te neem.
Netbal:
Ons spog met 28 spanne wat aan ‘n kompeterende liga deelneem. Verder neem ons aan verskeie sportdae deel, waar spelers die geleentheid kry om teen sterk skole in die Wes-Kaap te kompeteer. Die hoogtepunt van die jaar is ‘n toer na Oudtshoorn, asook die jaarlikse Bredasdorp Vriendskapsnaweek. Ons o.12 en o.13 A en B spanne neem hierdie jaar ook aan die Riebeeck Kasteel vakansietoernooi deel.
Rugby:
Ons spog met 15 spanne wat gedurende die 2022 seisoen aan die WP liga sal deelneem. Die hoogtepunt van die jaar is ‘n toer na Oudtshoorn, asook die jaarlikse Bredasdorp Vriendskapsnaweek.
Hokkie:
Hokkieafrigting vind gedurende kwartaal 2 en 3 plaas, met meer as 38 dogters- en seunspanne.
Ons neem deel aan provinsiale proewe met ons o.13 seuns en dogters, asook vriendskaplike wedstryde vanaf o.7 tot o.13.
Skaak:
Ons is baie trots op die groot getal jong spelers wat in uitstekende skaakspelers ontpop het. Ons spelers neem jaarliks aan ‘n skaakliga deel. Daar word ook gereeld werkswinkels aangebied om vaardighede te ontwikeel. Ons sluit ons jaar af met ’n Vriendskapsnaweek teen Bredasdorp.
“The purpose of arts education is not to produce more artists, though that is a byproduct. The real purpose of arts education is to create complete human beings capable of leading successful and productive lives in a free society.”
— Dana Gioia
By Laerskool Courtrai glo ons dat kultuur ‘n integrale deel uitmaak van ‘n kind se ontwikkeling en daarom bied ons ook ‘n verskeidenheid kultuurgeleenthede aan ons leerders.
KOOR:
Laerskool Courtrai spog met ‘n Junior koor en Senior koor waar leerders die geleentheid gebied word om die vreugde van sang te ervaar.
Beide kore oefen gedurende skoolure. Hierdie oefeninge word aangevul deur gereelde werkswinkels.
Behalwe vir geleenthede soos koorfeeste en kompetisies, neem hulle ook deel aan die jaarlikse Paarl Vallei Eisteddfod waar beide kore al uitsonderlik presteer het.
Musiek:
Leerders het die geleentheid om onderrig te ontvang in klavier, bokfluit, kitaar, ukulele, viool, klawerbord, sang en musiekteorie. Alle musiekleerders word die geleentheid gebied om deel te neem aan interne konserte. Leerders kan ook inskryf vir eksterne eksamens (Unisa, Trinity of Royal Schools). Deelname aan die Paarl Vallei Eisteddfod word ook aangemoedig.
Drumline:
Die drumline is in 2022 gestig en toon reeds groot belofte. ‘n Groep van 10 leerders is deel van die korps en is besig om hul dromvaardighede te ontwikkel. Oefenige vind een maal per week plaas. Ons sien uit na hul eerste optrede.
Orfforkes:
Die Orfforkes is nog ‘n nuwe aktiwiteit wat aan leerders die geleentheid bied om die vreugde van ensemblespel te ervaar. Die orkes oefen een maal per week en het reeds ‘n optrede by die skool se Kersfeeskonsert gehad.
Redenaars:
Die skool het ‘n aktiewe redenaarspan. Die jaar skop af met ‘n interne redenaarskompetisie. Een van die groot hoogtepunte elke jaar is deelname aan die ATKV Redenaarskompetisie.
Eisteddfod:
Elke jaar neem tussen 50 en 100 leerders deel aan die jaarlikse Paarl Vallei Eisteddfod. Hier bied ons ons leerders die geleentheid om deel te neem en hulle talente op die gebied van die kunste uit te leef. Afdelings waaraan deelgeneem word sluit in koorsang, instrumentale spel, sang, voordrag en onvoorbereide lees. ‘n Groot aantal leerders neem ook deel aan verskeie danskategorieë, wat deur privaat afrigters hanteer word.