Addendum tot die Skoolreëls en Gedragskode:
BEGRIPSOMSKRYWING
1. “Alle vorme van netheid” Verwys na onder andere –
- nie kaalvoet met skooldrag aan nie
- skoon liggaam en skooldrag
- goedversorgde voorkoms ( gekamde hare, vasgemaak/ knippies, skoongeblaasde neuse, skoon naels)
- goedgemanierde optrede en taalgebruik
- tande geborsel in oggend
- korrek geklee vir sportwedstryde
- binnekant van skooltas en skoolbankomgewing – vervang verslete tasse
- maak los skoenveters vas
2. “modegiere” Verwys na –
- haarstyle – ‘step’ , ‘kuiwe’ , ‘slierte’ , ‘neksterte’, ‘kleurstroke’,’stywe vlegsels’, nr. 1-haarsny
- opstoot van truimoue en truie om heupe vasknoop
- los skoenveters
- skoolkouse op enkels
- uithang skoolhemde
- armbandjies, advertensie-horlosies, nekhangertjies
- naelverf, maskara, ringe
3. “positiewe beeld en optrede” Verwys na –
- betyds wees vir afsprake – bv. skool, sportoefeninge en wedstryde
- optrede en gedrag in die klas wat mede leerders help om beter te leer en werk
- loop in die skoolgange i.p.v. hardloop
- om stil te bly wanneer iemand anders praat, en te wag vir jou beurt
- om vriendelik te groet
- onder geen omstandighede op die skoolterrein of geklee in skooldrag kougom te kou nie
- om (self-)gedissiplineerd te wees, veral wanneer jy alleen is
4. “sosiaal aanvaarbare norme” Verwys na –
- geskikte kleredrag vir die geleentheid
- om teenoor en in die teenwoordigheid van ander mense op te tree soos ‘n beskaafde, goed opgevoede persoon
- aanvaarbare taalgebruik wat nie vuil-, vloek- of beledigende taal is nie
- hand- of vingertekens wat onaanvaarbare betekenisse bedoel
5. “verantwoordelike optrede” Verwys na –
- getrou jou huiswerk doen
- rommel in ‘n vuillisdrom te gooi, en ander aan te moedig om dit ook te doen
- getroue bywoning van oefeninge en/of wedstryde
- nie voorwerpe in klaskamer rond te gooi nie
- ordelik aan te tree in rye en ordelik te beweeg in gange
- om ‘n afrigter betyds in kennis te stel as jy nie kan deelneem nie
- reëls te gehoorsaam
- om self te weet wanneer orde en stilte te handhaaf, soos bv. wanneer assessering gedoen word
6. “respek” Verwys na –
- jou optrede teenoor iemand om te wys dat jy erken dat sy/hy belangrik genoeg is
- die ordentlike manier waarop jy met iemand praat, en te let op jou taalgebruik
- die gebruik van die woorde asseblief en dankie
- ander se besittings of eiendom wat jy versigtig hanteer
- om aan ‘n persoon met ‘n gebrek normaal te behandel en erkenning te gee vir wie of wat hy/sy is
- om nooit iemand te behandel asof hy/sy minderwaardig is nie
- om te erken dat jou ouers, onderwysers of ouer persone voor jou by ‘n deur mag in- of uitstap
- weerhou jou daarvan om ongevraagde op- of aanmerkings aangaande ander persone te maak
- om op te staan wanneer ‘n ouer persoon die klas binnekom
- daardie heilige erkenning van die hoë gesag van die Here, Skepper van alles
7. “vandalisme” Verwys na –
- die opsetlike, moedswillige beskadiging van eiendom, van ander maar ook jou eie
- om met ‘n skerp voorwerp op skoolbanke te krap
- om opsetlik met jou skoensole merke op die vloere van die skool te maak
- om plante bv. boomtakke, te beskadig / af te breek
- om die omheiningsdrade plat te le/ oop te buig, of te skaats op die krieketkolfblad
- om stutwalle se klippe los te wikkel
- om terwyl jy vervoer word in die bussies, die sitplekke te sny of met jou voete teen die banke te trap
- om ander se kosblik/-houer rond te skop
- om met skaatsplanke/J-borde, ens. op tennisbane of teen trappe of op sementstoepe te ry
- om oor die omheining van die skoolterrein te klim en so skade aan te rig
8. “etos” van die skool …” Verwys na –
- die tien morele waardes waarvoor ons skool bekend wil wees
- die lewenswaardes waaraan ‘n Courtraier glo, en aan mekaar en ander wil bewys
- dit wat ons wil doen om die lewe vir iemand anders beter te maak, uit dankbaarheid vir wat ons het en kry
9. “wangedrag” Verwys na –
- daardie optrede wat teen die normaal aanvaarbare manier van lewe is
- optrede wat ander se regverdige kanse benadeel, of selfs in gevaar stel
- opsetlike pogings om mede leerders se geleentheid om te leer, benadeel
- om goed rond te gooi, selfs iets soos ‘n uitveer, wat iemand anders se oog kan beskadig
- oneerlike optrede bv. afskryf tydens eksamen, of om onwaar stories te vertel van iemand anders
- die vat van iemand anders se eiendom, skree/gil in die klas of rond te hardloop in ‘n klaskamer
10. “wapen” Verwys na –
- ‘n voorwerp waarmee jy iemand kan beseer.
- daardie iets waarmee jy iemand gooi bv. ‘n uitveer, boek of pen
- ‘n liniaal waarmee jy slaan of steek
- ‘n mes, skerpgemaakte voorwerp of vuurwapen van enige aard
11. “boelie” Verwys na –
- ‘n groter persoon wat ‘n ander afknou of iets afvat net omdat hy/sy groter is as die ander
- die opsetlike benadeling van ‘n ander net omdat jy in ‘n beter posisie is
- om in groepe rond te beweeg en dan ander te benadeel of bang te maak
- om met woorde iemand bang te praat of te dreig of eise te stel
- om allerhande tekens te wys met jou hande/vingers om dreigende ‘boodskappe’ te stuur
12. “naamskending” Verwys na –
- om onwaar stories in verband met iemand anders rond te vertel
- om iemand vals te beskuldig van ‘n daad, waarvoor jy geen bewyse het nie
- om voor te gee dat jy ‘n skinderstorie by iemand gehoor het, terwyl jy weet dit is nie so nie
- om self iets verkeerd te doen en dan ‘n naam te noem van iemand (onskuldige) anders
13. “afhanklikheidvormend” Verwys na –
- om so gewoond te raak aan iets wat jy gebruik dat jy nie daarsonder kan klaarkom nie
- medisyne soos pynpille, slaapdrankies, ens. wat jy meer as normal gebruik
- enige middel wat jou ‘lekker’ laat voel of bedwelm, en wat jy dan meer en meer wil gebruik
14. “ongemagtigde” toegang … Verwys na –
- om sonder die nodige toestemming te wees op ‘n plek waar toegang beperk word
- om onder geen omstandighede kantore in die skool te betree sonder direkte toestemming nie
- om in lêers of dokumentasie van ‘n onderwyser te blaai
- om rekenaar webtuistes op te soek wat nie geskik is van iemand van jou ouderdom nie
- om in ‘n mede-leerder se tas rond te krap
15. “beginsels van ordentlikheid” Verwys na –
- optree op ‘n wyse wat getuig van goeie opvoeding tuis
- goeie maniere
- om ander mense in ag te neem
- om ander ook geleentheid te gun
- bedagsame optrede – groet, help, ondersteun,vriendelik
16. “tugmaatreëls” Verwys na –
- regverdige optrede teenoor ‘n onaanvaarbare gedrag
- regstellende optrede om swak gedrag reg te stel
- optrede om jou bewus te maak van oortreding(s) ten opsigte van foute gemaak
- herstel van orde na onordelike optrede
17. “ongewenste leesstof” Verwys na –
- tydskrifte met inhoud wat nie geskik is vir ‘n bepaalde ouderdom kind nie
- leesstukke waarvan die inhoud ‘lelike’ taalgebruik openbaar
- leesstof wat skadelike, neerhalende of afbrekende opmerkings maak
- leesstof wat bedoel om ander leerders polities te beinvloed