Ons jaartema:

Die Ses Pilare van Karakter

BETROUBAARHEID

  • Wees eerlik sodat mense jou kan vertrou.
  • Kom jou beloftes na.
  • Leef met integriteit.
  • Wees lojaal.
  • Doen wat reg is, al is dit moeilik.
  • Bou ‘n goeie reputasie.

RESPEK

  • Volg die Goue Reël.
  • Openbaar goeie maniere.
  • Luister na ander mense.
  • Aanvaar mense wat anders is.
  • Los konflik sonder geweld op.
  • Moenie vuil taal gebruik nie.

VERANTWOORDELIKHEID

  • Doen wat jy moet doen.
  • Beplan vooruit en stel doelwitte.
  • Kies ‘n positiewe gesindheid.
  • Dink voor jy doen (Selfbeheersing)
  • Moenie ander blameer nie.
  • Stel ‘n goeie voorbeeld.

REGVERDIGHEID

  • Hou by die reëls van die spel.
  • Maak beurte.
  • Wees oop en luister regtig na ander.
  • Kry eers die feite.
  • Moenie mense misbruik nie.
  • Moenie kant kies nie.

OMGEE

  • Hanteer alle mense mooi.
  • Wees dankbaar en wys dit.
  • Kies om mense te vergewe.
  • Help ander mense in nood.
  • Moenie selfsugtig wees nie.
  • Wees mededeelsaam.

GOEIE BURGERSKAP

  • Maak jou gemeenskap beter.
  • Wees ‘n goeie buurman.
  • Gehoorsaam reëls en wette.
  • Respekteer outoriteit.
  • Beskerm die omgewing.
  • Moenie rommel strooi nie.