Visie

Kwaliteit opvoeding

Missie

Ons strewe is om gehalte-onderwys, gebaseer op godsdienstige beginsels, aan alle leerders te verskaf ter voorbereiding van ‘n bestendige en standvastige toekoms.

Etos

  • Laerskool Courtrai is gefundeer in Christelike beginsels en daar word van elkeen verwag word om dit te respekteer. Die oppergesag en almag van God word onvoorwaardelik erken.  Geloofsvryheid word ook respekteer.
  • Die gesin is dié primêre opvoedingsbasis vir elke leerder. Dit word van ons leerders verwag om volwasse persone se gesag te erken en dit ook te aanvaar. Volwassenes sal poog en daarna streef om elke leerder met liefde, geduld en begrip te lei en te ondersteun.
  • Die belange van ons skool word bo individuele belange en behoeftes gestel. Deur ons gedrag, optrede, taal en denke sal die goeie naam van die skool uitgedra en bevorder word.
  • Ons glo in vreedsame naasbestaan en omdat leerders en opvoeders in ‘n vennootskap is, moet daar voortdurend aan wedersydse positiewe gesindhede gebou word.
  • Die handhawing van hoë standaarde is ononderhandelbaar, juis om te voldoen aan die behoeftes van die tyd. Daarom is ‘n positiewe en gesonde leerkultuur van die allergrootste belang.