“The purpose of arts education is not to produce more artists, though that is a byproduct.
The real purpose of arts education is to create complete human beings capable of leading successful and productive lives in a free society.” – Dana Gionia
By Laerskool Courtrai glo ons dat kultuur ‘n integrale deel uitmaak van ‘n kind se ontwikkeling en daarom bied ons ook ‘n verskeidenheid kultuurgeleenthede aan ons leerders.
Koor
Laerskool Courtrai spog met ‘n Junior- en ‘n Seniorkoor en ensemble waar leerders die geleentheid gebied word om die vreugde van sang te ervaar.
Beide kore oefen gedurende skoolure. Hierdie oefeninge word aangevul deur gereelde werkswinkels.


Musiek
Leerders het die geleentheid om onderrig te ontvang in klavier, bokfluit, kitaar, ukulele, viool, klawerbord, sang en musiekteorie. Alle musiekleerders word die geleentheid gebied om deel te neem aan interne konserte. Leerders kan ook inskryf vir eksterne eksamens (Unisa, Trinity of Royal Schools). Deelname aan die Paarl Vallei Eisteddfod word ook aangemoedig.
Drumline
Die drumline bestaan uit ongeveer 20 lede. Oefenige vind een maal per week plaas. Gereelde optredes by skoolfunksies en -sportbyeenkomste verleen luister en kleur aan die geleenthede.


Marimba
Die Marimbagroep het in 2025 tot stand gekom en reeds ‘n groot aantal baie suksesvolle optredes gehad. Die groep is trots daarop om deel te kon wees van die Guiness World Record van die grootste marimba groep wat saam speel.
Redenaars
Die skool het ‘n aktiewe redenaarspan. Die jaar skop af met ‘n interne redenaarskompetisie. Een van die groot hoogtepunte elke jaar is deelname aan die ATKV Redenaarskompetisie.


Eisteddfod
Ons neem elke jaar deel aan die Tygerberg Internasionale Eisteddfod, asook ‘n verskeidneheid kleiner Eisteddfods. Hier bied ons ons leerders die geleentheid om deel te neem en hulle talente op die gebied van die kunste uit te leef. Afdelings waaraan deelgeneem word sluit in koorsang, instrumentale spel, sang, voordrag en onvoorbereide lees en redenaars. ‘n Groot aantal leerders neem ook deel aan verskeie danskategorieë, wat deur privaat afrigters hanteer word.