The purpose of arts education is not to produce more artists, though that is a byproduct.
The real purpose of arts education is to create complete human beings capable of leading successful and productive lives in a free society.” – Dana Gionia

By Laerskool Courtrai glo ons dat kultuur ‘n integrale deel uitmaak van ‘n kind se ontwikkeling en daarom bied ons ook ‘n verskeidenheid kultuurgeleenthede aan ons leerders.

Koor

Laerskool Courtrai spog met ‘n Junior- en ‘n Senior koor waar leerders die geleentheid gebied word om die vreugde van sang te ervaar. 
Beide kore oefen gedurende skoolure.  Hierdie oefeninge word aangevul deur gereelde werkswinkels. 
Behalwe vir geleenthede soos koorfeeste en kompetisies, neem hulle ook deel aan die jaarlikse Paarl Vallei Eisteddfod waar beide kore al uitsonderlik presteer het. 

Musiek

Leerders het die geleentheid om onderrig te ontvang  in klavier, bokfluit, kitaar, ukulele, viool, klawerbord, sang en musiekteorie. Alle musiekleerders word die geleentheid gebied om deel te neem aan interne konserte.  Leerders kan ook inskryf vir eksterne eksamens (Unisa, Trinity of Royal Schools).  Deelname aan die Paarl Vallei Eisteddfod word ook aangemoedig.

Drumline

Die drumline is in 2022 gestig en toon reeds groot belofte.  ‘n Groep van 10 leerders is deel van die korps en is besig om hul dromvaardighede te ontwikkel. Oefenige vind een maal per week plaas.   Ons sien uit na hul eerste optrede.  

Orfforkes

Die Orfforkes is nog ‘n nuwe aktiwiteit wat aan leerders die geleentheid bied om die vreugde van ensemblespel te ervaar.  Die orkes oefen een maal per week en het reeds ‘n optrede by die skool se Kersfeeskonsert gehad.  

Redenaars

Die skool het ‘n aktiewe redenaarspan.  Die jaar skop af met ‘n interne redenaarskompetisie.  Een van die groot hoogtepunte elke jaar is deelname aan die ATKV Redenaarskompetisie. 

 

Eisteddfod

Elke jaar neem tussen 50 en 100 leerders deel aan die jaarlikse Paarl Vallei Eisteddfod. Hier bied ons ons leerders die geleentheid om deel te neem en hulle talente op die gebied van die kunste uit te leef. Afdelings waaraan deelgeneem word sluit in koorsang, instrumentale spel, sang, voordrag en onvoorbereide lees. ‘n Groot aantal leerders neem ook deel aan verskeie danskategorieë, wat deur privaat afrigters hanteer word.