Ons is ‘n laerskool wat gebaseer is op Christelike beginsels met ‘n hoë premie op akademiese ontwikkeling, vooruitgang en standaard.

Courtrai gaan nie net oor uitnemendheid in onderwys, sport of kuns en kultuur nie. Ons missie is om die leerders te vorm en te laat groei tot sterk, selfversekerde en veerkragtige mense ter voorbereiding op ‘n stabiele toekoms. Ons moedig ook morele- en geestelike weerbaarheid aan as ‘n lewensbron en wil sien dat ons leerders die wêreld binnegaan en toekomstige leiers, beïnvloeders en wêreldveranderers word.