
Skoollied
Die kern van Courtrai se gees word deur die skoollied vasgevang. Die lied verenig leerders en vuur selfvertroue aan. Die lied is geskryf deur Mnr. M.M. Walters en is vertaal deur Mnr. J.P. Gerber. Die melodie is gekomponeer deur Mnr. M. van Schalkwyk.
Daar is maar net een bergvallei,
een skitterende rots.
Maar net een laerskool te kry –
ons pêrel en ons trots!
En stewig soos die grys graniet –
so staan ons skool, Courtrai.
Sy kinders sal nooit wankel nie
as storms oor hul waai.
Geloof en moed,
geloof en moed,
dit is ons blink banier.
Ons is gegrond op vaste Rots –
Courtrai sal seëvier!